Forum 2.0

#10 WINTER KOSMOSBLOMME

Dis weer tyd vir 'n nuwe Padlangs skerm-prent (ons woord vir 'n wallpaper), wat ons deesdae met die draai van elke seisoen doen.  Ek het na wintertonele in Suid-Afrika gesoek - winter het mos nou behoorlik toegesak -  en op hierdie kosmosblomme afgekom.  Dit het my dadelik teruggeneem na die 20 jaar wat ons in die Transvaal gewoon het (Benoni, Pretoria, Roodepoort) en die pragtige kosmosblomme wat wintertye langs die paaie opskiet - plek-plek sommer sulke plate!  As dit so koud is, herinner hulle helder kleure ons dat daar iets mooi is selfs in die triestigste dag.  Ons het kosmosse op 'n bedding in ons tuin ook gesaai en later nog vir jare gesukkel om die opslag-plante uitgeroei te kry - daai goed groei, hoor!  Nog 'n ding - alle beginner-skilders begin met kosmosse (voor hulle aanbeweeg na huisies by die see) en ek het nog nie eers kosmosse geskilder nie, wat sê ek is regtig nog in skilder-kindergarten.  Dalk sal dit help as ek actually skilder.  In elk geval, ek het die prent mooi gemaak met 'n vers en ons goete, en dit lyk so:

Mooi, né?  Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes.  Laai dit binne drie sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024): kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een)

Kliek net op een van die skakels hierbo en DOWNLOAD dit daar van Google Docs.  Dan dubbelkliek jy net op die foto wat jy afgelaai of gestoor het, laat jou Photo Manager of iets dit oopmaak, en regskliek daarvandaan en Set as Desktop Wallpaper. Jy weet sekerlik al wat om te doen - of vra 'n jong persoon om jou te help!  Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm.  Stel dit dat dit die hele ruimte vul.

...en geniet die winter (en die kosmosse, as jy in die Transvaal woon)!

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –