Forum 2.0

#11 Staproete te Jonkershoek

Lente is mos die mooiste seisoen, maar o so skaam. Jy wag dat sy haar verskyning maak, maar sy bly weg.  Jy wag en wag - sy was immers laas nog so bekoorlik - en dan skielik besef jy, sy's hier!  Maar net wanneer jy dit nou wil begin geniet het sy weer verdwyn.  Haar heethoofdiger suster, wat so jaloers op aandag is, kom mos altyd gou-gou om die kollig te steel en self die toneel te beheers, vir maande en maande.  Geniet die lente dus - daardie weke vlieg maar vinnig.  Elke seisoen maak ons 'n nuwe wallpaper en hierdie keer is dit weer so.  Ek het hierdie foto van Jonkershoek gekies - kyk hoe mooi!  Jonkershoek is 'n natuurreservaat in die Stellenbosch-omgewing wat 'n populêre roete het vir stappers. As jy ver is moet jy jou maar verbeel dat jy jou kantoordeur gesluit het, jou selfoon, vergaderings en probleme (en die verkeer) agter gelaat het en op hierdie pad afstap, al geselsende met vriende. Die lug is lentesoet en ruik na fynbos, voëls kwetter in die bome.  Net vorentoe die stroom helder water kruis en dan is julle by die oornagplek: vuurtjie, vleisie, bottel wyn, diep gesprekke, inkruip in die slaapsakke.  Ja, daar is nog sulke plekke! So lyk ons Lente-skermprent:

Mooi, né?  Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes.  Laai dit binne drie sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024): kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een)

Kliek net op een van die skakels hierbo en DOWNLOAD dit daar van Google Docs.  Dan dubbelkliek jy net op die foto wat jy afgelaai of gestoor het, laat jou Photo Manager of iets dit oopmaak, en regskliek daarvandaan en Set as Desktop Wallpaper. Jy weet sekerlik al wat om te doen - of vra 'n jong persoon om jou te help!  Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm.  Stel dit dat dit die hele ruimte vul.

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –