Forum 2.0

#14 Voetspore op die strand

Vandag - 13 Junie 2016 - se dagstukkie gaan oor Ps 23:3 "Hy lei my in die spore van geregtigheid", waarin ek iets gesien het van die Here, die Regverdige Een, wat vooruit stap, en ons wat sy spore kan volg.  Ek het toe ook 'n gedig geskryf oor die voetspore van God in my dag en in my lewe, nl. soos volg:

In die spore van sy geregtigheid

Ek sien U nie elke dag nie, Here,
soms gaan U daar ver, daar voor,
maar vanoggend het ek weer U spoor gesien
in Phil Wickham se Holy, holy, holy
ek het dit raakgehoor, toe weet ek:
U was hier vandag, u spore eintlik oraloor:
in hierdie wind wat noord draai,
hierdie donker wolke, u tekens lê so rond:
in sommige se oë, in gesigte, papiere op die grond
(en ‘n leë straat wat so hard kan praat) –
baiekeer hoor ek die woorde wat na my toe kom,
wat sê dáár, dáár was Hy, volg net voort,
let net op sy stappe, loop net op sy spoor
– iewers voor sal Hy weer stop en vir my wag
en sal ek inhaal en sê dankie Here, ek weet
U is heilig, heilig, heilig.

Dit het my toe daartoe gelei om vanoggend 'n desktop wallpaper - wat ons mos sommer 'n SKERMPRENT noem - te maak oor voetspore.  Ek het gaan soek na voetspore op die strand en op hierdie mooi prent afgekom van die regte grootte (dis ewe belangrik as die prent self).  Ek het nie 'n idee waar dit is nie, maar dis mooi en mens sien die twee rye voetspore, soos twee geloop en gesels het. Ek het die gedig en ons gewone tooisels daarop gesit.  Dit lyk so:

Mooi né? Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes.  Laai dit binne drie sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024): kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een)

Kliek net op een van die skakels hierbo en DOWNLOAD dit daar van Google Docs.  Dan dubbelkliek jy net op die foto wat jy afgelaai of gestoor het, laat jou Photo Manager of iets dit oopmaak, en regskliek daarvandaan en Set as Desktop Wallpaper. Jy weet sekerlik al wat om te doen - of vra 'n jong persoon om jou te help!  Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm.  Stel dit dat dit die hele ruimte vul.

Geniet dit - dit pryk reeds op al ons skerms!

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –