Forum 2.0

3621 Oefen om te hoor

Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies. Mat 10:29,31 NAV

Jesus was altyd bewus van die Vader se werk rondom Hom. Hier sien Hy die mossies rondvlieg en verstaan dadelik iets van God se versorging! As ons eie geestelike bewussyn skerper was, sou ons ook baie meer van God om ons kon beleef – maar dis iets wat ons kan oefen. As jy byvoorbeeld buite stap, kan jy vra: Here, wat is die les van hierdie pragtige veld? As jy met iemand gesels, kan jy vra: Here, wat is u wil vir hierdie man? Wat sê U vir hierdie vrou? (Moenie sommer deel wat jy dink nie, hoor – ons oefen nog!) As jy die nuus kyk, kan jy vra: Here, wat sê U van hierdie omstandighede? In jou stiltetyd kan jy vra: Here, wat wil U vir my sê? Wag dan, luister… ja, wat sê die Here? Natuurlik moet ons dit volwasse benader, maar kom ons leef nie net die fisieke lewe nie – kom ons ontwikkel ook ‘n geestelike lewe.

Here, help my om meer van U bewus te word, om U stem en wil te onderskei – reg rondom my. Help my om die lewe ook geestelik te sien. Amen.

Sien die fisieke dinge ook geestelik!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Gratis inskrywing op PADLANGS se Hooflys en meer info is beskikbaar op ons webruimte.

© 2017 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –