Forum 2.0

3641 Geloof en gehoorsaamheid

God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Joh 3:16 NAV

Die Nuwe Testament leer dat om God te dien deur die wet te gehoorsaam maar net ‘n deel van die prentjie is. Mens kan immers die wet hou sonder enige liefde vir Hom. Meestal hou ons nie eers die wet nie! Wat God eintlik van ons verlang is nie moeilik om te verstaan nie, want Hy verlang wat enige Pa verlang. ‘n Pa wil nie hê sy kind moet gehoorsaam wees met ‘n opstandige hart wat net wil wegbeur nie. Dit gaan nie net oor die gehoorsaamheid nie, maar oor die gesindheid en die verhouding. ‘n Pa wil hê dat sy kind hom sal vertrou as die pa, dat hulle verhouding mooi sal wees en dat sy kind dankbaar en gewilliglik sal doen wat gedoen moet word. Dis wat God vra! Hy sê “VERTROU MY” en ons antwoord “EK VERTROU U”. Dis geloof! In daardie geloofslewe, daardie vertrouensverhouding, gebeur alles wat God verlang, en ons so nodig het!

Hemelse Vader, U is inderdaad ‘n goeie God. U bedoel dit net goed met my! Ek vertrou U werklik met my lewe – wat ook al gebeur. Amen.

Vertrou God – wat ook al gebeur!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Gratis inskrywing op PADLANGS se Hooflys en meer info is beskikbaar op ons webruimte.

© 2017 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –