Forum 2.0

3663 Leer innerlike dissiplines

Ons nuwe kursus hierdie jaar, IN PRAKTYK, beweeg deur die gewone lewe van 'n Christen: by die huis, in die verkeer, op kantoor, in konflik en vele meer! Hoe leef ons geestelik in sulke omstandighede? Neem deel! Vir meer besonderhede kliek hier.

Jesus was êrens op 'n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” Luk 11:1 NAV

Geestelike dissiplines is die ruimtes wat ons in ons dag maak om met God te ontmoet. Daar is verskeie soorte geestelike dissiplines en een daarvan is die sogenaamde “innerlike dissiplines”. Dit behels die geestelike praktyke van die hart. Die bekendstes hier is GEBED – die voorreg van kommunikasie met God – en natuurlik die WOORD. Daaroor het ons reeds gedeel. Ander innerlike praktyke is die beoefening van STILTE, voor God en oor die algemeen, asook MEDITASIE, wat ons verstaan as bewuste nadenke oor God se Woord. Om BLYDSKAP of AANBIDDING as dissipline te beoefen, is ook ‘n innerlike praktyk. Ja – blydskap is ‘n opdrag! In ons besige lewens kan ons natuurlik nie al hierdie dinge doen nie, maar ons kan wel sommige dinge doen. Spreek van hierdie geloofspraktyke tot jou hart? Word dan nou gehoorsaam en implimenteer iets daarvan in jou lewe. Begin klein en voer dit deur – dis die moeite werd!

Here Jesus, my hart verlang om dieper te gaan met U. Leer my om in my dag vir U ruimtes te maak. Amen.

Maak praktyke van jou hart se behoefte!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –