Forum 2.0

3664 Leer uiterlike dissiplines

Ons nuwe kursus hierdie jaar, IN PRAKTYK, beweeg deur die gewone lewe van 'n Christen: by die huis, in die verkeer, op kantoor, in konflik en vele meer! Hoe leef ons geestelik in sulke omstandighede? Neem deel! Vir meer besonderhede kliek hier.

Nee, as jy vas, versorg jou hare en was jou gesig sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. Mat 6:17-18 NAV

Geestelike dissiplines is die geloofsgewoontes wat ons geestelike lewe definieer. Daar is verskeie soorte dissiplines en een daarvan is die “uiterlike dissiplines”. Dit behels die geestelike praktyke van ons dade. Die bekendste hier is AFSONDERING, die wonderlike gewoonte om alleentyd met die Here te skeduleer. Dalk kan jy die kantoordeur toetrek vir ‘n halfuur, of dalk het jy ‘n hele alleen-middag? Heerlik! Spandeer dit rustig vir ek-tyd en ek-en-die-Here-tyd. Ander uiterlike praktyke is VAS, om sonder kos (of sommige kos) te bly as ‘n vorm van gebed, LOFPRYSING (ja, lof is mos ‘n dissipline), asook STUDIE – om jou doelbewus in te studeer in God se dinge. Die dissipline van EENVOUD behels ‘n lewe los van die voorskrifte en verwagtings van die wêreld. Spreek sommige van hierdie praktyke tot jou? Neem dan ‘n besluit en begin iets daarvan in jou lewe implimenteer. Dis oor en oor die moeite werd om jou lewe op God te fokus!

Here Jesus, ek wil ook my lewe so inrig dat dit meer oor U gaan. Leer my om in my lewe meer ruimtes vir U te maak. Amen.

Fokus jou lewe op God!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –