Forum 2.0

3666 Dissiplines bring diepte

Alle huwelike kan baat by verryking! Ons relevante en praktiese kursus, HUWELIKSREIS, werk deur die pilare vir 'n gesonde huwelik, die redes waarom ons so verskil en die maniere waarop ons mekaar weer kan vind. Kyk gerus na meer besonderhede: kliek hier.

Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe. Tit 2:11-12 NAV

Geestelike dissiplines (gebed, die Woord, gemeenskap, diens, ensovoorts) is ruimtes wat ons in ons lewe maak om God te kan beleef. Dis die maniere waarop ons ons aan God se werk blootstel. Kom ons wees egter eerlik oor die woord “dissiplines”: hierdie dinge is dissiplines want dit vra dissipline! Van nature is ons eerder lus om TV te kyk as om te bid, om koerant te lees eerder as die Woord! Om dus ruimte in jou dag te maak om OOK te bid en te lees sal ‘n offer vra – daaraan moet jy nie twyfel nie! Die beloning is egter groot, want geestelike dissiplines bring diepte in ons andersins oppervlakkige lewens. Kyk dus weer na jou lewe, jou dag – jou prioriteite. Begin met vyftien minute per dag stiltetyd. Dis werklik moontlik! Verbind jou ook iewers weer aan die kerk. Begin om te dien, te gee! Groei in ‘n geestelike lewe in wat by JOU persoonlikheid, omstandighede en seisoen pas.

Here Jesus, ek wil inderdaad in diepte toeneem. Help my om geestelike praktyke te kultiveer wat my unieke reis, my verhouding met U sal baat. Amen.

Ontwikkel diepte in jou lewe!

 Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –