Forum 2.0

3669 Die kerk is Jesus se kerk

Alle huwelike kan baat by verryking! Ons relevante en praktiese kursus, HUWELIKSREIS, werk deur die pilare vir 'n gesonde huwelik, die redes waarom ons so verskil en die maniere waarop ons mekaar weer kan vind. Kyk gerus na meer besonderhede: kliek hier.

“Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte  van die doderyk sal dit nie oorweldig nie”.  Matteus 16:18 NAV

Toe Jesus vir Petrus en die ander dissipels nooi om Hom te volg, het Hy nie net individue in gedagte nie. Hy bou sy KERK, sien ons hier. Die woord “kerk” (kuriakon) beteken “die Here s’n” en is almal wat aan Hom behoort, maar as ‘n eenheid, ‘n georganiseerde groep. Hulle vorm gemeentes, hulle wys leiers aan en hulle begin doen wat Jesus hulle geleer het. Hierdie eerste kerk het deur die eeue heen in ontelbare dele verdeel, maar tog bly dit alles saam SY kerk, die kerk wat JESUS gebou het! Soms is ons sinies oor die kerk, omdat die mense wat die kerk uitmaak so feilbaar is. Soms wil ons ons eerder net van die kerk afskei en ons eie ding doen – Jesus op ons eie volg! Dis egter onmoontlik. Of ons nou inskakel of nie, ons behoort aan die kerk, trouens, ons IS die kerk, want ons behoort aan die Here. Jy kan maar net sowel inskakel en kerk wees soos Jesus bedoel het!

Here Jesus, ek is ook deel van u kerk. Maak my dan ‘n waardevolle lid; doen deur my wat U vir u kerk beplan het. Amen.

Wees aktief deel van die kerk!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –