Forum 2.0

3671 Daar kry jy gesonde lering

…daar sal 'n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor. 2 Tim 4:3 NAV

In die verlede het mense gewoonlik van die kerk onttrek omdat hulle self geestelik afgekoel het, maar dit het verander. Kinders van die Here wil vandag dikwels geestelik vooruitgaan, maar sonder die kerk. Sommige het seer gekry of is teleurgestel en ander voel dat die kerk nie langer hulle geestelike behoeftes bevredig nie. Dis jammer, want daar is verskeie redes waarom ons die kerk nodig het! Een daarvan is dat ons op ons eie maklik vals of slegte leringe kan navolg, omdat ons nie die nodige agtergrond en onderskeiding daaroor het nie. Die kerk het die gesonde leer vasgemaak, met goeie redes, en sy leraars kan ons die regte pad wys en vrae en argumente bekwaam antwoord. Onthou, ongesonde leringe gaan dikwels oor MY, soos Paulus hier waarsku, terwyl die gesonde leer oor die Here gaan. As mens die Bybel verkeerd gebruik kan jy ook amper enige-iets “bewys”, maar dit beteken niks. Moet dus nie enige-iets glo nie, gaan gesels met iemand wat jy vertrou, soos jou leraar!

Here Jesus, maak my bedag vir verkeerde leringe. Hou my op die gesonde pad. Amen.

Hou vas aan die gesonde leer!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –