Forum 2.0

3673 Daar kry jy versorging

Vandag begin Lydenstyd! Ek nooi jou uit - soos vorige jare - om die Vastyd ("Lent") saam met ons te vier, deur van enkele items afstand te doen vir 40 dae. Miljoene Christene regoor die wêreld neem daaraan deel. Vir meer besonderhede:kliek hier

Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld. Jak 1:27 NAV

Alle ware gelowiges behoort aan die liggaam van Christus, sy KERK. Hy weet wie hulle is – ons hoef nie self te veel daaroor te besluit nie! Die kerk bied aan ons die voordele van geestelike gemeenskap, gesonde lering en goeie leierskap. Die kerk bied ook versorging. Onthou die kerk is soos ‘n familie en familie sorg vir mekaar! Die Skrif sê dikwels – soos hier – dat ons ‘n plig het om vir mekaar te sorg. As een lid van die liggaam ly, ly die hele liggaam! Ons moet dus noodwendig ‘n bydrae maak tot die versorging van die wat dit werklik nodig het. Ons doen dit so verantwoordelik as moontlik, maar sorg moet ons sorg! Bring dus maar die offer, doen maar die moeite. Doen dit vir Jesus! Wie weet, op ‘n dag is jy dalk in die nood – dan sal daar weer ‘n broer of suster wees wat ‘n hand na jóú toe uitsteek! As ons ons egter van die liggaam afskei, ly ons op ons eie. Dis bitter!

Here Jesus, dankie vir my broers en susters. Leer my om ook vir ‘n ander ‘n ware broer of suster te wees! Amen.

Wees ‘n ware broer, ‘n ware suster!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –