Forum 2.0

3683 Liefde is my dade

Jy is op ons ADDISIONELE LYS, waarskynlik omdat ons jou nie op ons HOOFLYS kon plaas nie. Jy kan steeds - van tyd tot tyd - kyk of jy jou adres op ons hooflys kan voeg en of jy die confirmation mail kan ontvang. Die hooflys is bietjie mooier! Kliek hier.

Wie 'n profeet ontvang omdat hy 'n profeet is, sal 'n profeet se beloning ontvang; en wie 'n goeie mens ontvang omdat hy goed is, sal 'n goeie mens se beloning ontvang. Wie aan een van hierdie geringstes net 'n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sál sy beloning kry. Dit verseker Ek julle.” Mat 10:41-42 NAV

Die groot gebod is liefde. Liefde is wat God behaag, want God se hart klop met liefde. God IS liefde! Aan ons kant is liefde veel moeiliker, want – om eerlik te wees – ons harte klop dikwels nie met liefde nie! Liefde is dus dikwels ‘n besluit, ‘n keuse, ‘n stuk gehoorsaamheid – al voel jy glad nie daarna nie. Dan het jy ten minste die regte ding gedoen. Dan is dit beter as niks. Doen dus wat jy moet doen: sien die behoefte en die nood en doen iets daaraan. Dis liefde! Bring maar die offer van jou tyd, moeite of geld. Al doen jy dit nie aan almal nie, doen dit dan aan een. Al doen jy nie die groot dinge nie, doen dan die klein dingetjies – soos Jesus in hierdie verse onderstreep. Weet jy wat? Soos wat jy doen wat liefde vra – al voel jy nie so nie – groei jy geestelik, want jy leer om jou ekkigheid te oorkom. Jou oefen jouself in die liefde!

Liefdevolle Vader, help my om te doen wat die liefde vra – al voel ek ook anders. Maak my gehoorsaam! Amen.

Doen wat jy moet: bewys liefde!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –