Forum 2.0

3686 Wierook – die lieflike offer

Hierdie reeks oordenkings is gebaseer op GEESTELIKE VORMING, ons "basiese kursus", waarin ons deur al die fondasies van 'n verhouding met God beweeg. Stel jy belang? Vir volle besonderhede: kliek hier.

Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan. 2 Kor 2:15 NAV

Ons moet dit reguit stel: om Jesus te volg verg sekere offers. Dis nie ‘n populêre boodskap nie, maar dis die waarheid. Jesus het gesê dat halfhartige mense, wat heeltyd omkyk, nie geskik is as volgelinge nie. SY volgelinge moet bereid wees om hul kruis op te neem, om aan hulleself te sterwe, om honderd persent te verbind. Hulle moet besluit – eens en vir altyd – om te volg, kom wat wil! Besluit dus ernstig om die Here te dien. Besluit dat jy die prys van dissipelskap sal betaal – sover jy kan. Plaas jou héle lewe op die altaar: alles wat jy het en alles wat jy is! Luister: moenie dat hierdie boodskap jou weerhou om Jesus te volg nie. Moenie bang wees om jouself te verloor nie – jy sal jouself vind! Moenie wegdeins van die opoffering nie, jy sal soveel meer terug ontvang! Die lewe wat vir God brand is soos wierook: ‘n lieflike geur, vol liefde en vreugde. Dis die opoffering werd!

Here Jesus, ek HET besluit om U te volg en ek IS bereid om die prys te betaal. Help my egter daarmee, Here, want ek is menslik. Amen.

Besluit om jou hele lewe vir God te gee!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –