Forum 2.0

3688 'n Weeklikse offer van rus

Hierdie reeks oordenkings is gebaseer op GEESTELIKE VORMING, ons "basiese kursus", waarin ons deur al die fondasies van 'n verhouding met God beweeg. Stel jy belang? Vir volle besonderhede: kliek hier.

Jesus het verder vir hulle gesê: Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie. Mar 2:27 NAV

Ons tyd behoort aan die Here – ons hele dag, ons hele week! As teken daarvan gee ons ‘n deel van ons dag en week aan Hom terug, byvoorbeeld ‘n daaglikse stiltetyd of die weeklikse erediens. ‘n Ander weeklikse offer wat ons kan bring is om ‘n sabbat te handhaaf. Ons hou nie die Joodse Sabbat nie (en kan nie hier die redes daarvoor gee nie), maar dit sluit nie uit dat ons ook ‘n sabbatsritme kan handhaaf nie. Dit is só waardevol! Wat van iets soos die volgende? Sit een dag in die week radikaal opsy. Sondag word reeds sedert Bybelse tye hiervoor gebruik, maar ‘n Saterdag of ander dag kan ook werk. Maak dit ‘n stil dag. Gebruik dit om te rus. Doen ander dinge: die Here se dinge, familiedinge, ek-dinge. Gebruik dit vir gebed, nadenke of beplanning. Om een dag van die week op dié wyse af te sonder sê dat die hele week aan God behoort. Dit sal ook jou hele week verander!

Dankie, Here Jesus, vir die sabbatsrus wat daar in U is. Slegs in U rus beleef ek my rus! Help my om my tye in U hand te plaas. Amen.

Maak tyd vir God – weekliks!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –