Forum 2.0

3689 Die seën van ‘n tiende

Hierdie reeks oordenkings is gebaseer op GEESTELIKE VORMING, ons "basiese kursus", waarin ons deur al die fondasies van 'n verhouding met God beweeg. Stel jy belang? Vir volle besonderhede: kliek hier.

In die geval van die Levitiese priesters is dit sterflike mense wat tiendes invorder, maar in die geval van Melgisedek iemand van wie getuig word dat hy lewe. Heb 7:8 NAV

Ons gesels oor die feit dat ons geloofslewe offers behels. Dit verg byvoorbeeld ‘n offer van ons tyd as ons in ons verhouding met die Here wil groei – hoe anders? Ook ‘n offer van ons geld is deel daarvan. Na die kwessie van tiendes, waarvan ons in hierdie vers lees, kyk ons met ‘n Nuwe Testamentiese blik. Ons sien dit nie as ‘n wet nie, maar ‘n riglyn. Ons weet reeds dat dit óns plig is om die werk van die Here, aan Wie ons uitverkoop is, te onderhou. Nogtans moet ons dit nie as ‘n swaar las sien nie. Ons harte moet so verander dat ons GRAAG wil gee, dat ons wens dat ons meer kon gee! Dis immers nie ONS geld nie, dis SY geld in ons beursies, waaroor HY beskik! Bring dus maar die offer. Weet jy wat? Om aan God te gee kan jou nie arm maak nie – dit kan jou net ryk maak, in elke opsig. Dis sy belofte!

Getroue God, U voorsien my van alles wat ek benodig. Dankie daarvoor! Gee my nou ‘n hart wat kan teruggee – en ‘n oop hand! Amen.

Leer die vreugde van gee!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –