Forum 2.0

3690 Dis salig om te kan gee

Hierdie reeks oordenkings is gebaseer op GEESTELIKE VORMING, ons "basiese kursus", waarin ons deur al die fondasies van 'n verhouding met God beweeg. Stel jy belang? Vir volle besonderhede: kliek hier.

Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea. 2 Kor 8:5 NAV

Die geloofslewe behels offers. Dit moet ons aanvaar – nie as ‘n sware plig nie, maar as beleggings wat ons in ons verhouding met God maak. Die belangrikheid van ‘n saak in ons lewe word tog weerspieël in die mate waarin ons tyd, geld en moeite daaraan afstaan, nie waar nie? Wanneer dit by geld kom, gee ons ons “tiende” aan die kerk, want die kerk word daardeur gedra, maar daar is ook nog vele ander waardige sake waarvoor ons bydraes kan maak. Paulus skryf hier dat hy geld bymekaar gemaak het vir die armes in Jerusalem en dat die nie-Joodse gelowiges daarop aangedring het om deel te wees. Hoe mooi! Dis saliger om te gee as om te ontvang, sê Jesus. Leer dus maar om te gee: vir ‘n behoeftige, vir ‘n saak wat afgekondig word, vir wat die Here ook al op jou hart lê. Dis ‘n offerande wat soveel seën inhou – vir jou! Dis soos om te saai, sê Paulus ook: daar sal ‘n oes wees, hoor!

Here, dankie dat ek KAN gee! Dankie ook dat my saad ‘n oes sal oplewer: vir ander, vir u koninkryk en ook vir myself. Amen.

Saai in die koninkryk van God!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –