Forum 2.0

3691 'n Offer van sweet en moeite

Hierdie reeks oordenkings is gebaseer op GEESTELIKE VORMING, ons "basiese kursus", waarin ons deur al die fondasies van 'n verhouding met God beweeg. Stel jy belang? Vir volle besonderhede: kliek hier.

Laat julle as lewende stene opbou tot 'n geestelike huis, om 'n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is. 1 Pet 2:5 NAV

As gelowiges bring ons “geestelike offers”, skryf Petrus hier. Dit behels ons gebede en ander dade van toewyding, maar ook offers soos ons tyd, geld en kragte. Hy gebruik die beeld van die kerk as ‘n tempel en sê ons is die “lewende stene” wat die gebou uitmaak. Ons IS die kerk! Daarom is die kerk vir ons ‘n dure plig – ons moet noodwendig betrokke wees om dit te ondersteun en te help. Die belangrikste “offer” in die verband is veral ons daarwees en ons deelname. Ja, ons offer daarvoor ons privaatheid en eie planne op, ons tyd en geld – ons offer sweet en moeite! Dit is nou maar so, maar ons doen dit vir die Here. Ons is immers verbind, ons is dissipels, ons is onlosmaaklik déél! Wat? Sê jy jy is nie positief oor die kerk nie? Dat daar allerhande foute en probleme is? Jy is reg, maar wees JY dan die verandering, die verskil! Help JY om dit reg te maak. Ja – dis ‘n offer!

Here Jesus, dankie vir u kerk. U kerk is my kerk – ek weet ek is deel! Help my om met die regte gesindheid betrokke te wees. Dit is die offer werd! Amen.

Doen moeite vir Sy en jou kerk!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –