Forum 2.0

3692 'n Offer van gawes en kragte

Hierdie reeks oordenkings is gebaseer op GEESTELIKE VORMING, ons "basiese kursus", waarin ons deur al die fondasies van 'n verhouding met God beweeg. Stel jy belang? Vir volle besonderhede: kliek hier.

Julle geloof is 'n offer in diens van God. Selfs al word my bloed daarby as drankoffer uitgegiet, is ek daaroor bly, ja, is ek saam met julle almal bly. Fil 2:17 NAV

Ons geloofslewe – trouens, ons hele lewe – is een heilige en welgevallige offer aan die Here. Ja, ons lewens brand uit soos geurige wierook om Hom te eer, ons word as drankoffer uitgegiet, sê Paulus hier. Dis inderdaad die lewe van ‘n dissipel! Aanvaar radikaal dat jou lewe nie meer aan jouself behoort nie, dat jy in Hom gesterf het. Jy leef dus nie langer vir jouself nie! Jy leef ook nie eintlik vir ander mense nie – jy leef vir die Here! Verstaan dan dat jy unieke gawes en kragte het wat Hy wil gebruik. Dink aan jou geestelike gawes, maar ook aan jou gewone talente en vermoëns. Dink aan jou opleiding en ervaring, jou kontakte en kennisse. Dink aan jou agtergrond en geskiedenis – jou unieke storie, alles waardeur jy is. Al hierdie dinge maak jou ‘n besonder waardevolle instrument in God se hand! Vra Hom nou om jou te wys WAAR jy WAT moet doen om Hom te eer en sy koninkryk te bou. Ja, dis hoe ons leef.

Hemelse Meester, my lewe is inderdaad in U hand. Toe ek my lewe aan U gegee het, het ek dit bedoel. Wat moet ek vir U doen? Amen.

Gee die res van jou lewe aan Hom!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –