Forum 2.0

3693 Die evangelie is so prakties

Hierdie reeks oordenkings is gebaseer op GEESTELIKE VORMING, ons "basiese kursus", waarin ons deur al die fondasies van 'n verhouding met God beweeg. Stel jy belang? Vir volle besonderhede: kliek hier.

Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na 'n herberg toe geneem en hom daar verder versorg. Luk 10:33-34 NAV

Toe Jesus sê die groot gebod is om God lief te hê en dan jou naaste soos jouself, wou die Fariseërs weet wie dan ons “naaste” is. Mense vra dit nog steeds! Daarop vertel Jesus vir hulle die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan. ‘n Priester en Leviet, die “groot Christene” van hulle dag, wou nie help nie – en hulle was nogal op pad kerk toe! ‘n Samaritaan, uit die gemengde volk wat tussen die Jode gewoon het, het egter gedoen wat nodig was. DIT is soos naasteliefde werk, sê Jesus. Weet jy, soms is die evangelie so eenvoudig, so prakties. Soms moet ons net vergeet van al die mooi waarhede en die behoefte voor ons oë aanspreek. Help tog net vir iemand, praat moed in, dra iets by, tel die stukke op, gaan maak iets reg, maak ‘n koppie tee. Ja, dis ‘n opoffering, maar DIT is die evangelie! DIT is die lewe wat God behaag. Een daad van liefde is meer werd as ‘n hele boek oor liefde.

Here, help my om vir U te leef en in u Naam vir ander. Wat kan ek doen wat U sal eer? Amen.

Spreek die nood aan – in Jesus’ Naam!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –