Forum 2.0

3694 Die natuurlike kom eerste

Hierdie reeks oordenkings is gebaseer op GEESTELIKE VORMING, ons "basiese kursus", waarin ons deur al die fondasies van 'n verhouding met God beweeg. Stel jy belang? Vir volle besonderhede: kliek hier.

Die geestelike kom nie eerste nie maar die natuurlike, en daarna die geestelike. 1 Kor 15:46 NAV

Paulus skryf hier oor hierdie lewe en die toekomstige lewe, oor die fisieke liggaam en dan die geestelike, “verheerlikte” liggaam. Hy sê die tweede kom uit die eerste voort. Dan maak hy hierdie algemene stelling, wat op die oog af verkeerd voorkom - “ongeestelik”. Hy sê die natuurlike kom eerste, dan die geestelike. Dis egter ‘n belangrike waarheid: die gewone lewe kom altyd eerste. Ons eerste roeping is om die lewe te leef: om te werk, in verhoudings te tree, kinders groot te maak – sulke dinge. Min word daarvan vrygestel. “Doen die lewe” dus voluit – dis God se wil! Bou jou lewe, gee en ontvang liefde, geniet die lekker dinge. Uit jou gewone lewe sal dan jou geestelike lewe groei, want die geestelike lewe is die gewone lewe wat met God geleef word. Moenie probeer om na ‘n geestelikheid te streef wat nie meer in die gewone lewe gegrond is nie. Nee, so ‘n “geestelikheid” is van min waarde! Hou jou voete op die aarde.

Almagtige Vader, help my om die lewe te leef. Help my in my werk en my verhoudings. Laat my lewe U eer! Amen.

Maak ‘n sukses van jou lewe – vir Hom!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –