Forum 2.0

3699 Wees sagmoedig – soos Jesus

Ons "vlagskip"-kursus hierdie jaar is IN PRAKTYK, wat ons leer hoe 'n Christen die gewone lewe leef: in die verkeer, by die werk, in verhouding en vele meer! Hoe eet en drink en baklei kinders van die Here? Lees meer oor hierdie oulike kursus: kliek hier

Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. 'n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie en 'n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die wil van God laat seëvier. Mat 12:19-20 NAV

Jesus noem Homself “sagmoedig en nederig van hart”.  Hierdie vers beskryf dit ook baie mooi, nie waar nie? Sagmoedigheid – of sagtheid van enige aard – is nie eintlik ‘n eienskap wat vandag punte tel nie. Hardheid en taaiheid bring jou veel verder in die lewe! Kom ons stel dit so: innerlike krag en ‘n sterk karakter is ‘n goeie ding, maar hardvogtigheid nie. Inteendeel, die Here wil juis die klipharte uithaal en vir ons sagte harte gee. Wees dus maar ‘n sagte mens – soos Jesus! Wees maar weerloos en oop. Wees maar begrypend, vriendelik en geduldig. Beleef mense maar as verlore en gebroke, behoeftig, en wees maar jammer vir hulle – soos Jesus was. Wees maar stil, wees maar behulpsaam. Soek maar die vrede in pleks van die stryd – as jy kan. Sal mense dit soms uitbuit of oor jou loop? Ja, hulle sal, maar dit maak nie saak nie. Jesus was so! Sagmoedigheid is nie ‘n swakheid nie, hoor – dis die vrug van jou geloof.

Here Jesus, maak my soos U! Ek gee nie om om sagmoedig te wees nie – dit maak my ‘n égter en dieper mens. Amen.

Moenie harder word nie – word sagter!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –