Forum 2.0

3700 Soos Jesus teenoor sondaars

Ons "vlagskip"-kursus hierdie jaar is IN PRAKTYK, wat ons leer hoe 'n Christen die gewone lewe leef: in die verkeer, by die werk, in verhouding en vele meer! Hoe eet en drink en baklei kinders van die Here? Lees meer oor hierdie oulike kursus: kliek hier

Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie. Joh 8:10b-11 OAV

Ons beskryf Jesus se houding en gesindheid op verskillende wyses. Ons wil immmers MEER SO word! Hoe ons ons gedra is van belang, want ons getuienis begin reeds dáár – in ons houding. Reeds ons houding kan mense insluit of uitsluit, ons blote blik kan omgee wys, of dalk onverskilligheid. Oor die algemeen sien ons Jesus as innerlik sterk, maar uiterlik sag. Hier sien ons dit weer. Die “owerspelige vrou” daar voor Hom het erg oortree en was skuldig. Die wet was duidelik: steniging. As Jesus na haar kyk sien Hy egter nie soseer die sonde nie, maar die sondaar – nie die daad nie, maar die mens. Hy voel nie woede nie, Hy voel jammerte, liefde. Hy laat haar dus lewe met die opdrag om nie weer te sondig nie. Jesus is TEEN die sonde, maar VIR die mens! Kan ons sondaars ook so hanteer? Kan ons sondaars ook liefhê? Kan ons verstaan dat slegs liefde harte kan verander en die sonde werklik kan oorwin? Ons kan, hoor – ons moet!

Here Jesus, gee my liefde vir sondaars. Dis soms so moeilik! Amen.

Kom by liefde uit – vir slegte mense!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –