Forum 2.0

3706 Woorde is soms onnodig

Seën ons daaglikse oordenkings jou? Stuur dit gerus aan 'n vriend! Ontvang jy hierdie oordenkings van iemand anders? Skryf dan self in! Ons oordenkings is gratis by hierdie skakel: http://www.jimileroux.com/padlangs-info

Toe sê Pilatus vir Hom: “Hoor jy nie waarvan hulle jou alles beskuldig nie?” Maar Jesus het hom op geen enkele woord 'n antwoord gegee nie, sodat die goewerneur baie verbaas was. Mat 27:13-14 NAV

Jesus-volgelinge moet leer om te praat soos Jesus gepraat het. Soms het Jesus egter nie gepraat nie! Soms het Hy bloot geswyg. Dis byvoorbeeld opvallend hoe Jesus stilbly voor Pilatus. Waarom dan? Wel, Jesus het Hom oorgegee aan die proses wat voorlê – soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders. Hy het dit nie probeer keer nie. Hy het toegegee aan God se gesag oor Hom, eerder as Pilatus se gesag. Wat ook al die rede, Jesus het GEKIES om nie te praat nie. Dit was vir Hom onnodig, sinneloos of onwys. Dis belangrik dat ons Jesus nie net in sy spreke sal volg nie, maar ook in sy swye. Ons moet weet wanneer om te praat en wanneer om te swyg, want daar is ‘n tyd vir albei! Soms is ons woorde oppervlakkig en vermetel – dikwels is ons blote daar-wees of ‘n opregte aanraking baie meer werd. Daar is baie wysheid en krag in stil wees! Trouens, swye is een van die eerste treë na wysheid.

Here Jesus, ek praat soms te veel, te verkeerd, te ontoepaslik. Maak my wys en maak my woorde waardevol – of laat my swyg! Amen.

Leer doelbewus om te swyg - waar nodig!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –