Forum 2.0

3708 Woorde en die waarheid

Seën ons daaglikse oordenkings jou? Stuur dit gerus aan 'n vriend! Ontvang jy hierdie oordenkings van iemand anders? Skryf dan self in! Ons oordenkings is gratis by hierdie skakel: http://www.jimileroux.com/padlangs-info

Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat, want ons is lede van dieselfde liggaam. Efes 4:23-25 NAV

Ons woorde is belangrik. Mense moet uit ons woorde weet dat ons aan die Here behoort! Hulle moet byvoorbeeld daarop kan staatmaak dat ons woorde WAAR is. Ons moet aanleer om so na as moontlik aan die feite te bly. Sê dit net presies soos dit was – sonder te veel vergroting of verbuiging! Mense kom weldra agter of hulle jou stories kan vertrou of nie!  Hulle ken ook die verskil tussen humor, ligte geselsies en ‘n geskinder.  Beskerm te alle tye jou goeie naam – en die Here s’n! Kom ons vra egter eerlik: moet ons ALTYD die waarheid praat of is die leuen soms verkieslik? Wel, in gevaar móét ons soms lieg om ons of ander se lewens te red – dis aanvaarbaar. Dan kan ons die waarheid ook weerhou as dit onwys is om dit te sê of waar dit gaan seermaak. Ons bly eenvoudig stil. Vir die res praat ons die wáárheid! Die Skrif sê dit mooi: laat ons IN LIEFDE by die waarheid bly.

Hemelse Vader, maak my lief vir die waarheid en maak my lief vir mense. Amen.

Laat jou woorde waar wees – of swyg!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –