Forum 2.0

3714 Getuig eers met jou lewe

Seën ons daaglikse oordenkings jou? Stuur dit gerus aan 'n vriend! Ontvang jy hierdie oordenkings van iemand anders? Skryf dan self in! Ons oordenkings is gratis by hierdie skakel: http://www.jimileroux.com/padlangs-info

Ek gee vir julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê.  Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van my is. Joh 13:34-35 NAV

As ons dink aan getuie-wees, dink ons eerste aan iets wat ons vertel – ons “getuienis” – en dis waar, maar ons getuienis is eintlik baie meer as net woorde.  Dis in die eerste plek dade – ons lewe! Ons behoort baie meer te let op ‘n lewe wat van Jesus getuig as op woorde wat van Hom moet getuig. Trouens, ons woorde staan of val by ons lewe. Jy kan eenvoudig nie vir mense van Jesus vertel as jou lewe nie ook by jou woorde pas nie. Dan word jy doodgewoon as skynheilig gesien; dan is jou “getuienis” eintlik ‘n belemmering vir Jesus! Dit beteken nie dat jy perfek moet wees nie – niemand is nie – maar dat jy ten minste opreg sal wees, nederig, liefdevol, regverdig, eerlik, hardwerkend, effektief – sulke dinge. Jy hoef nie altyd te getuig dat jy die Here dien nie: ander weet reeds of jy die Here dien! Jou kollegas, jou eggenoot, jou kinders, jou vriende - húlle sal getuig of jy die Here dien!

Here, ek bid dat my lewe ‘n skynende en duidelike getuienis sal wees van u goedheid en genade! Ek bid dat ELKEEN U in my sal sien. Amen.

Getuig heel eerste met jou lewe!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –