Forum 2.0

3716 Luister waar God werk

Seën ons daaglikse oordenkings jou? Stuur dit gerus aan 'n vriend! Ontvang jy hierdie oordenkings van iemand anders? Skryf dan self in! Ons oordenkings is gratis by hierdie skakel: http://www.jimileroux.com/padlangs-info

Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. Mat 5:13  NAV

Ons moet besef dat God reeds in mense se lewens aan die werk is. Daar is reeds saad gesaai, byvoorbeeld deur die Christelike kultuur waarin ons leef, deurdat die Bybel al gelees en gehoor is of deur ervarings wat mense al gehad het. Die Heilige Gees gebruik dit alles om die grond gereed te maak vir persoonlike geloof! Ons moet probeer om die vloei van God se werk te onderskei en dan – op ‘n respekvolle manier – by daardie werk aan te sluit. Soms kom obstrukteer ons God se goeie werk! As jy met iemand oor Jesus praat, moenie net praat nie. Luister ook geduldig hoe daardie persoon die geloof beleef. Dis net goeie maniere! Luister veral vir die plekke in die verhaal waar dit duidelik is dat God reeds werk en sluit dan daarby aan. Sê byvoorbeeld dat jy glo dat God reeds dit of dat gedoen het in sy liefde en genade. Wees die vinger wat na God toe wys – bou die brug na Hom toe!

Here, help my om met beskeidenheid, onderskeiding en groot respek ander na U toe te wys. Amen.

Luister na waar God aan die werk is!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –