Forum 2.0

3717 Lei hulle een stap verder

Seën ons daaglikse oordenkings jou? Stuur dit gerus aan 'n vriend! Ontvang jy hierdie oordenkings van iemand anders? Skryf dan self in! Ons oordenkings is gratis by hierdie skakel: http://www.jimileroux.com/padlangs-info

Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie;  ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Mat 5:14-15 NAV

Dis belangrik om te besef dat geloof en volgelingskap ‘n proses is. Mense is nie bloot ongelowig en bekeer hulle dan nie – daar is meer aan. Mense is van nature ver van God af. Sommige weet bitter min en as hulle iets van God leer, beskou hulle dit nie as persoonlik relevant nie. Later mag hulle meer positief voel, maar het nie ‘n behoefte om God persoonlik te dien nie. Later wil sommige dalk, maar weet nie hoe nie. Soms is daar ‘n hele periode – dikwels as kinders – waarin mense vir Christus kies, maar hulle kry nie rigting as dissipels nie. Hulle is immers nog onvolwasse– baie groei lê nog voor. Wat is die les? Elkeen met wie ons praat sal nie tot bekering kom nie. Hulle is nie gereed nie! Onderskei waar mense geestelik is en help hulle net om die volgende stap te neem. Gee insig, gee ‘n antwoord, bewys liefde, bid saam, moedig aan of, met God se genade, lei hom of haar na Jesus!

Heilige Gees, gee my onderskeiding om te besef waar mense is op hul geestelike reis – en wysheid om gepas daarop te reageer. Amen.

Wees sensitief vir waar mense is!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –