Forum 2.0

3719 Vertrou Hom, Hy werk!

Seën ons daaglikse oordenkings jou? Stuur dit gerus aan 'n vriend! Ontvang jy hierdie oordenkings van iemand anders? Skryf dan self in! Ons oordenkings is gratis by hierdie skakel: http://www.jimileroux.com/padlangs-info

“Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees!” Joh 20:21-22 NAV

Ons is getuies van God se goedheid – ons het dit met ander woorde persoonlik beleef – maar ons kan nie mense se harte verander nie. Ons kan nie mense genees, bekeer of red nie. Ons kan hulle nie eers oortuig, as hulle nie vir oortuiging oop is nie. Dit is alles die Heilige Gees se werk! As ons dus met iemand oor Jesus praat, hoef ons nie druk toe te pas nie. Ons hoef nie alle antwoorde gereed te hê nie. Ons hoef ook nie skuldig te voel as almal nie dadelik gereed is vir bekering nie. Nee, ons vertrou eenvoudig dat God sal doen wat nodig is. As “niks” gebeur nie, maak dit nie saak nie, want dis nie ons werk om iets te láát gebeur nie! God werk en ons is slegs op ‘n klein manier sy medewerker. Bid eerder meer vir diegene wat op jou hart lê. Bewys liefde. Julle sal weer gesels! Jy doen goeie werk, volgeling! Vertrou die Meester.

Here, help my om u medewerker te wees. Help my om wyslik met mense oor U te praat! Amen.

Vertrou dat God harte verander!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –