Forum 2.0

3720 Die Gees werk kragtig mee

Seën ons daaglikse oordenkings jou? Stuur dit gerus aan 'n vriend! Ontvang jy hierdie oordenkings van iemand anders? Skryf dan self in! Ons oordenkings is gratis by hierdie skakel: http://www.jimileroux.com/padlangs-info

Julle is getuies van hierdie dinge. En ek sal die gawe wat die Vader beloof het, vir julle stuur.  Maar julle moet in die stad bly tot julle met krag van bo toegerus is. Luk 24:48-49 NAV

Ons is getuies van die Here, maar ons getuig nie in eie krag nie. Waar ons sonder onderskeiding en wysheid “getuig” doen ons dikwels meer skade as goed! Nee, ons getuig onder die leiding en toerusting van die Heilige Gees. As HY oor ons kom sal ons krag ontvang om sy getuies te wees, oral waar ons gaan. Die Heilige Gees gee ons vrymoedigheid om oor Jesus te praat waar ons nie normaalweg sou nie. Die Heilige Gees gee ons die woorde om te praat as ons oor ons geloof uitgevra word, sê Jesus. Die Heilige Gees werk ook tot vandag toe kragtig mee om te bewys dat Jesus leef. Bid dus gerus vir diegene wat op jou hart lê – en sê dit vir hulle! Vertrou die Here vir gebedsverhoring, vir ingrype – ja, vir tekens en wonders wat harde harte sag sal maak. Bid en verwag meer, hou die Here vas vir meer! Vertrou Hom vir ‘n deurbraak!

Heilige Gees, lei my as ek met ander praat, werk kragtig mee, bewerk die deurbraak, verander die harte, in Jesus’ Naam. Amen.

Vertrou God vir 'n deurbraak!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –