Forum 2.0

3721 Jy het iets om te bied

Seën ons daaglikse oordenkings jou? Stuur dit gerus aan 'n vriend! Ontvang jy hierdie oordenkings van iemand anders? Skryf dan self in! Ons oordenkings is gratis by hierdie skakel: http://www.jimileroux.com/padlangs-info

Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir 'n ander twee, en vir 'n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan. Mat 25:15  NAV

Jesus verduidelik hoe dinge in die Koninkryk werk. Elkeen kry iets om mee te werk, maar moet dan ook weer daaroor verantwoording doen. In hierdie gelykenis kry een kneg vyf goue munte, een twee goue munte en ‘n ander een. In die oorspronklike taal word na daardie geld verwys as “talente”, wat hulle geldeenheid was, maar ons gebruik nou die woord vir enige vermoë of aanleg. Diegene wat met hulle “talente” gewerk het, het die eienaar se seën ontvang, maar die een wat sy “talent” gaan begrawe het, is deur die eienaar weggejaag. God verwag ‘n opbrengs op die belegging wat Hy in ons gemaak het! Een ding moet duidelik wees: jy HET iets om te bied. Dis ‘n gegewe. Die fokus is eintlik glad nie op HOEVEEL of WAT jy gekry het nie, maar op WAT JY DAARMEE GEMAAK het! Ons vraag moet dus wees: hoe kan ek my gawes en vermoëns gebruik om God te eer en sy koninkryk te bou?

Vader, dankie vir wat U in my belê het. Ek weet ek het sekere aanlegte en vermoëns – hoe kan ek dit gebruik tot die voordeel van U ryk? Amen.

Bied aan die Here wat  jy het!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –