Forum 2.0

3728 Ontvang dit in geloof

Ons kursusse is die hart van ons bediening! Ons nuwe kursus vir 2018 is In Praktyk, waarin ons leer hoe 'n Christen optree in die verkeer, in 'n konflik, in 'n verhouding, en vele meer alledaagse praktiese situasies! Vir meer inligting kliek hier.

Julle moet die liefde nastreef. Lê julle toe op die gawes van die Gees, maar veral daarop om te profeteer. 1 Kor 14:1 NAV

Hoe ontvang ons die bonatuurlike gawes, waarna ons laas keer verwys het? In Handelinge sien ons hoe Jesus se volgelinge dikwels ná ‘n besondere ontmoeting met die Heilige Gees buitengewone dinge beleef. Dit kan vandag nog gebeur. Dalk beleef jy die Here baie sterk in jou binnekamer of by ‘n byeenkoms. Dalk lê iemand vir jou die hande op en bid vir die werk van die Gees in jou. Dit kan werklik iets in jou oopsluit! Pas egter op vir eenvoudige formules, want die Here werk uniek met elke mens. Jy kan byvoorbeeld ook vra dat iemand wat reeds die gawe beoefen waarna jy streef vir jou bid of jy kan dit persoonlik van die Here vra. Dan kan jy die Here daarvoor vertrou en dit in geloof begin beoefen. Begin eenvoudig klein en groei daarmee. Al hierdie gawes word IN GELOOF beoefen! Wees egter ook geduldig – die Here deel uit soos HY wil en soos die kerk dit benodig, nie soos JY wil nie!

Here, lei my op die pad waar ek die meeste waarde vir U sal hê! Dit gaan nie oor my nie, dit gaan oor U! Amen.

Strek jou uit na die beste gawes!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –