Forum 2.0

3729 Alle gawes in liefde

Ons kursusse is die hart van ons bediening! Ons nuwe kursus vir 2018 is In Praktyk, waarin ons leer hoe 'n Christen optree in die verkeer, in 'n konflik, in 'n verhouding, en vele meer alledaagse praktiese situasies! Vir meer inligting kliek hier.

Lê julle toe op die beste genadegawes. Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword. 1 Kor 12:31-13:1 NAV

Gawes is geskenke. Dis “genade”-gawes of heel letterlik: “genades”. Gawes word nie verdien nie en “behoort” nooit aan ons nie. Dis die Heilige Gees se gawes, wat Hy deur ons werk. Die Gees deel sy gawes uit “soos Hy wil”, tot voordeel van die kerk – nie vir die voordeel, status of eer van individue nie. Nogtans gebeur dit dat ons trots kan raak op “ons” gawes. Ons mag dalk dink “ons” gawes of bediening maak ons iets besonders. Ja, ons kan in die Gees begin en tog in die vlees eindig – hoe jammer! Wat ook kan gebeur is dat ons dink dat “ons” gawe die belangrikste gawe is, dat almal soos óns moet wees. Dis natuurlik nie waar nie, want gawes MOET verskil, het ons gesê. Nee, gawes moet ons altyd nederig maak. Uiteindelik moet alle gawes IN LIEFDE beoefen word, anders verval die hele bedoeling! Liefdelose “bediening” is maar net ‘n groot geraas – Paulus se woorde, nie ons s’n nie. Onthou, liefde troef enige gawe!

Heilige Gees, dankie dat U u gawes deur my werk. Help my om slegs met groot nederigheid en liefde vir U te werk. Amen.

Fokus veral op liefde, nie net op gawes nie!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –