Forum 2.0

3730 Geroep tot onafhanklikheid

Ons kursusse is die hart van ons bediening! Ons nuwe kursus vir 2018 is In Praktyk, waarin ons leer hoe 'n Christen optree in die verkeer, in 'n konflik, in 'n verhouding, en vele meer alledaagse praktiese situasies! Vir meer inligting kliek hier.

Die Kindjie het gegroei en sterk geword, en Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom. Luk 2:40 NAV

Soms wonder mense: Hoekom leef ek? Wat is my roeping? Wat vra God van my? Dis wonderlik as mense sulke vrae vra, want meestal gaan ons eenvoudig aan met die sleur van die lewe – so asof dit ons lewensdoel is om soggens vroeg reg te maak, deur die verkeer te sukkel en by die werk oninspirerende take af te handel tot laat. Dis dalk ons verantwoordelikheid, maar ons lewensroeping – ons SKEPPINGSDOEL – is soveel meer! As ons oor lewensroeping praat, moet ons heel basies begin. God skep jou as ‘n MENS, met ‘n LIGGAAM, op die AARDE. Jou eerste roeping is duidelik jou fisieke lewe: jou groei en gesondheid, jou onafhanklikheid deur te werk en geld te maak en jou verantwoordelikheid teenoor die wêreld. As jy nie hierdie basiese roeping gehoorsaam nie – so ver jy kan, natuurlik – kan jy ook nie die res gehoorsaam nie. Sorg vir jou liggaam, word volwasse en onafhanklik, vind jou plek in die wêreld. DAN kan God jou gebruik!

Hemelse Skepper, dankie dat U my gemaak het soos ek is. Help my om ‘n sukses te maak van my fisieke en aardse lewe! Amen.

Neem verantwoordelikheid vir jou menswees!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –