Forum 2.0

3734 Elkeen het 'n skeppingsdoel

Ons kursusse is die hart van ons bediening! Ons nuwe kursus vir 2018 is In Praktyk, waarin ons leer hoe 'n Christen optree in die verkeer, in 'n konflik, in 'n verhouding, en vele meer alledaagse praktiese situasies! Vir meer inligting kliek hier.

U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Psalm 139:16 NAV

In ‘n sin bestaan ons reeds by God vir ewig. God het immers vir ewig reeds geweet wie en wat ons gaan wees, wat sy plan met ons is en wat van ons gaan word. Die Jode glo mooi dat God vir elke siel sy lewensplan wys en dat elke siel vir dáárdie plan “JA” sê – voor hy gebore word. Met ons geboorte het ons vergeet wat dit is, maar dit bly ons lewensroeping om dáárdie plan te ontdek en uit te voer. Die kursus of program wat God vir ons voorskryf, om ons spesifieke lewensdoel te bereik, is ons LEWE! Ons roeping is dus om ons spesifieke en unieke lewe te leef sodat SY PLAN daardeur uitgeleef word. Die Here gee ons al die nodige middele om ons doel te bereik en help ons ook deur sy Heilige Gees. Onderskei dus waarmee God besig is in jou lewe! Gee jouself vir sy doel, werk met Hom saam, groei soos jy moet, LEEF DIE PLAN!

Hemelvader, dankie dat ek ‘n unieke en wonderlike lewe mag leef, dat ek elke uitdaging KAN oorkom en dat U in dit alles verheerlik sal word. Amen.

Neem verantwoordelikheid vir jou skeppingsdoel!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –