Forum 2.0

3735 Word wie jy is

Ons kursusse is die hart van ons bediening! Ons nuwe kursus vir 2018 is In Praktyk, waarin ons leer hoe 'n Christen optree in die verkeer, in 'n konflik, in 'n verhouding, en vele meer alledaagse praktiese situasies! Vir meer inligting kliek hier.

Luister na My, eilande, gee aandag, nasies wat ver is! Die Here het my voor my geboorte al geroep; toe ek nog in my moeder se liggaam was, het Hy my op my naam genoem. Jes 49:1 NAV

Mense wonder soms oor die doel van hulle lewe, hulle unieke roeping. Ja, waartoe roep die Here jou? Let op: die Here roep jou om jouself – of jou “ware self” – te word! Onthou dat die Here jou op ‘n spesifieke manier gemaak het. Jy dra eerstens die “beeld van God” en is vry, geliefd, liefdevol en genadig. Jy skyn sy lig net waar jy gaan! Dan het jy ook unieke eienskappe: jy het ‘n sekere agtergrond en waardestelsel, ‘n sekere temperament en sekere kragte. Ongelukkig het sonde die beeld van God in ons begin verdring en het die druk en eise van die wêreld ons gedwing om ‘n “vals self” te ontwikkel: om iets te wees wat ons nie werklik is nie! Bekering is om terug te keer na wie ons wérklik in God is. Daaglikse bekering – geestelike groei – het presies dieselfde doel. Uiteindelik moet ons word wie ons werklik is! Ja, God roep jou om meer JY te word! Hou op om iemand anders te wees!

Skepperheer, dankie dat ek EK kan wees. Maak my meer dit wat U gedroom het ek sal wees, in Jesus’ Naam. Amen.

Neem verantwoordelikheid vir jou ware self!</em>

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –