Forum 2.0

Ons kursusse is die hart van ons bediening! Ons nuwe kursus vir 2018 is In Praktyk, waarin ons leer hoe 'n Christen optree in die verkeer, in 'n konflik, in 'n verhouding, en vele meer alledaagse praktiese situasies! Vir meer inligting kliek hier.

Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!” Levi het opgestaan en Hom gevolg. Mar 2:14 NAV

Ons het gesels oor God se roeping op ons lewe en veral gefokus op ‘n algemene roeping. Die Here kan egter ook ‘n baie spesifieke roeping tot ons rig. Dit kan onverwags wees, soos vir Levi (ook bekend as Matteus), by wie Jesus skielik kom staan het. Toe Jesus hóm roep – volg My! – was dit nie net om gelowig te word nie. Jesus roep hom om sy suksesvolle besigheid te los en voltyds agter Hom aan te gaan. Levi het binne sekondes opgestaan en ‘n totaal nuwe lewe ingestap! Vir drie jaar het hy Jesus persoonlik leer ken, ongelooflike dinge beleef en daarna as apostel die evangelie van Jesus verkondig tot by sy dood. Wat ‘n lewe! Moenie dink dat die Here nie vir jou ‘n besondere roeping het nie. Inteendeel, die Here roep jou vir iets GROOTS! Dit sal met jou gawes oorvleuel, maar jou ook vir die res van jou lewe uitdaag! Jy moet net self gaan uitvind wat dit is.

Here Jesus, waartoe roep U my? Is daar iets besonders wat ek vir U moet doen? Lei my deur u Heilige Gees! Amen.

Hóór die roeping van die Here in jou hart!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –