Forum 2.0

3740 Jesus werk – en toe weer

Ons kursusse is die hart van ons bediening! Ons nuwe kursus vir 2018 is In Praktyk, waarin ons leer hoe 'n Christen optree in die verkeer, in 'n konflik, in 'n verhouding, en vele meer alledaagse praktiese situasies! Vir meer inligting kliek hier.

Is hy dan nie die timmerman se seun nie? Is sy ma nie Maria en sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas nie? Mat 13:55 NAV

Ons het reeds verwys na Jesus se gewone lewe en hoe Hy sy pa gehelp het met die skrynwerk. Jesus het reeds van kleins af hard gewerk! Ons kan aanvaar dat Josef relatief vroeg gesterf het, omdat ons na Jesus se bar mitzvah (oënskynlik – sy besoek aan die tempel op twaalf) nie weer van hom hoor nie. Dit sou beteken dat Jesus op ‘n jeugdige ouderdom die verantwoordelikheid vir die gesin se inkomste – as oudste seun – moes opneem. Hy het waarskynlik die skrynwerk geniet, want ons geniet dit waarmee ons goed is, maar uiteindelik was dit nie wat Jesus lewenslank wou doen nie. Hy het ‘n ander droom gehad! Eers na jare egter, op omtrent dertig, kon Jesus die besigheid aan Jakobus en die ander oorlaat en gaan doen wat Hy eintlik wou. Vir drie jaar werk Hy toe vir God – met al sy gawes en sy passie – en verander die wêreld! Dikwels neem dit tyd om te kom waar jy eíntlik wil wees – wees maar geduldig.

Vader, U weet dat ek begeer om eintlik iets anders te doen. Hoe gaan ek daar kom? Lei my in my besluite! Amen.

Werk voort, maar droom ook!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –