Forum 2.0

3745 Jy kan nie net werk nie

Ons kursusse is die hart van ons bediening! Ons nuwe kursus vir 2018 is In Praktyk, waarin ons leer hoe 'n Christen optree in die verkeer, in 'n konflik, in 'n verhouding, en vele meer alledaagse praktiese situasies! Vir meer inligting kliek hier.

Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie.” Mar 6:31 NAV

Terwyl dit God se wil is dat ons werk, is dit nie sy wil dat ons NET werk nie. Dit is nie volhoubaar nie! Ons werk in sekere inkremente (ure, dae) en tussendeur rus ons. Ons moet egter nie dink dat die hele lewe oor werk gaan – dat ons dringend moet rus sodat ons weer kan gaan werk, werk, werk nie! Nee, die lewe is meer as werk! Rus is ook meer as net herstel van uitputting. Rus is doelbewuste recreation, opbouing, toerusting, groei. Sonder hierdie toerusting en groei kan ons nie ons werk (creation) doen nie. Die twee is in balans met mekaar, die een het die ander nodig! As jy rus, voed dus ook jou siel en jou gees. Ontwikkel jou vermoëns: lees, leer, studeer. Ontwikkel ander vaardighede: sport, kuns, belangstellings. Verryk jouself. Belê diep in jou verhoudings. Spandeer tyd met God. Ontwikkel diepte, volwassenheid! Jou werk ontwikkel net sekere dele van jou menswees. Word die vólle mens wat God jou gemaak het om te wees!

Vader, werk is net ‘n deel van my lewe. Ek gee my héle lewe vir U. Help my om te word wat U wil hê ek moet wees. Amen.

Ontwikkel jou rus doelbewus!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –