Forum 2.0

3748 Let op die natuur!

Alle huwelike kan baat by inset! Ons relevante en praktiese program, HUWELIKSREIS, leer jou die pilare van 'n gesonde verhouding, waarom julle so verskil en hoe om dit te oorkom. Vir meer inligting kliek hier.

Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie. Mat 6:28b-29 OAV

In Jesus se tyd het mense eintlik maar buite geleef. Hulle huise was klein en veral gebruik vir slaap- en stoorruimte. Daar is meestal buite die huis gewerk en geleef. Die natuur was dus maar altyd om hulle: die veld en heuwels, almal se diere – die wind en weer direk op hulle vel. Elke oggend het hulle die son síén opkom! Jesus self was baie bewus van die natuur. Hy LET op die voëls van die hemel en die lelies van die veld. Hy neem sy geestelike lesse uit die weer, die wingerde, die skape en die bome. Dalk moet ons ook weer op die natuur let! Ons lei dikwels kunsmatige lewens: ons huise, motors, kantore en stede hou die natuur buite. Dalk moet ons ook weer in die veld gaan stap, die wolke, grasse en blomme raaksien. Daar is so baie lesse vir ons in! Ja, die natuur is wonderlik. Ongelukkig het die mens die natuur só seergemaak dat dit skaars kan herstel. Daaroor móét ons praat!

Hemelse Vader, dankie vir die wonderlike natuur, waarin ons so tuis voel. Dankie dat ons U in die natuur kan raaksien, raakhóór! Amen.

Let op die natuur. Wat sê God vir jou?

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –