Forum 2.0

3750 Ons het gefaal!

Alle huwelike kan baat by inset! Ons relevante en praktiese program, HUWELIKSREIS, leer jou die pilare van 'n gesonde verhouding, waarom julle so verskil en hoe om dit te oorkom. Vir meer inligting kliek hier.

Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. Gen 1:28b OAV

Die mens het totaal gefaal in God se opdrag – dat ons die aarde verantwoordelik sal beheers. Grootskaalse vernieling het begin met industrialisasie, sowat 200 jaar gelede. Sedertdien word geweldige hoeveelhede koolfstof en ander gasse in die atmosfeer ingepomp: deur fabrieke, kragstasies en miljoene motors. Terselfdertyd het ons reeds die helfte van alle woude (wat koolsuurgas uit die lug moet haal) uitgekap. Dit het onteenseglik gelei tot aardverwarming. Die aarde se temperatuur het al byna met ‘n graad gestyg en die tendens versnel. Dit veroorsaak reeds dat ons weerpatrone verander, dat meer droogtes en vloede voorkom, dat die pool-ys smelt, dat dierspesies uitsterf, dat landbou radikaal geraak word – ja, dat duisende sal ly. As dinge nie verander nie, sal ons kinders ‘n moeiliker lewe hê, met minder bronne as wat ons gehad het – as gevolg van ons! Van hierdie effekte is reeds onomkeerbaar. Kan ons egter nog iets doen? Ja, ons kan nog. Ons kan gehoorsaam raak, maar dis dringend!

Hemelse Vader, die mens het gefaal. Ons is besig om die aarde skade aan te doen. Help ons om dit reg te stel! Amen.

Weet wat gebeur en wees gereed om te help!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –