Forum 2.0

3751 Kan ons onsself verskoon?

Alle huwelike kan baat by inset! Ons relevante en praktiese program, HUWELIKSREIS, leer jou die pilare van 'n gesonde verhouding, waarom julle so verskil en hoe om dit te oorkom. Vir meer inligting kliek hier.

So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Mat 6:9-10 NAV

Dis onbetwisbaar dat die mens se gedrag die aarde benadeel, maar baie steur hulle nie daaraan nie. Óf hulle glo dit nie eintlik nie óf hulle gee nie om nie. Hulle wil nie hul lewenstyl verander nie – hulle wil dat ander die probleem oplos. Sommige kinders van die Here voel ook so! Sommige redeneer dat die aarde in elk geval vergaan, dat ons in elk geval “hemel toe” gaan, dat ons in elk geval nie te vas aan hierdie aarde moet wees nie. Sulke argumente klink dalk geldig, maar dit is nie. Die feit dat die aarde sal vergaan verskoon nie sonde en ongehoorsaamheid nie! Dis ook nie aan die mooi aarde dat ons nie vas moet wees nie, maar aan die sondige wêreld! Nee, God se koninkryk moet HIER kom, sy hemelse wil moet ook HIER, op aarde geskied. Ons het nie ‘n verskoning nie. Dis SONDE om die aarde skade te berokken. Dit kan nooit iets anders wees nie. Sonde is nie aanvaarbaar nie!

Vader, dis verkeerd dat ons gedrag die aarde benadeel. Ons was nie bewus van die gevolge nie, maar nou is ons bewus – en is ons jammer! Amen.

Aanvaar verantwoordelikheid en maak ‘n verskil!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –