Forum 2.0

3754 Ons kan hergebruik

Alle huwelike kan baat by inset! Ons relevante en praktiese program, HUWELIKSREIS, leer jou die pilare van 'n gesonde verhouding, waarom julle so verskil en hoe om dit te oorkom. Vir meer inligting kliek hier.

U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp: skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld, die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis. Psalm 8:7-9 NAV

Die welsyn van die aarde is vir ons ‘n geestelike saak. Hebsug en vernielsug bly altyd verkeerd! Intussen is daar sekere praktiese dinge wat almal kan doen om die situasie te verbeter. Een daarvan is om eenvoudig af te skaal (to REDUCE) op die verbruik wat al hierdie besoedeling veroorsaak. Iets anders is om te hergebruik (to REUSE). Berge vullis word daagliks op die aarde en in die see gestort – insluitende giftige stowwe. Plastiek is veral ‘n euwel, omdat dit feitlik nie afbreek nie. Dit word bloot opgebreek in kleiner deeltjies, wat deur plante en diere opgeneem word. Ons moet minder weggooi! Ons moet leer om ons sakke, houers en glasbottels te hergebruik. Ons moet leer om te deel, ons moet weggee sodat ander weer dieselfde produk kan gebruik. Ons moet mik op herbruikbare, hervulbare items – sonder veel verpakking, soos in die ou dae – nie op kits- of weggooigoed nie. Klein keuses soos hierdie maak ‘n verskil en skep ‘n lewenstyl los van die wêreld se verwagtings.

Here, help my om ‘n lewenstyl te kies wat nie deur die wêreld se norme en verwagtings gedryf word nie, maar deur die leiding van u Gees in my hart. Amen.

Verander jou denke – kom vry van besittings!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –