Forum 2.0

3756 Die aarde – vir ewig!

Werk op 'n maklike manier deur die Bybel! Ons kursus, DEUR DIE WOORD, werk in 45 kort en kleurvolle weeklikse dele deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring. Verstaan die Bybel beter - kry die groot prent! Om meer te lees en die eerste dele af te laai, kliek hier.

Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. Openb 21:1 NAV

Christene dink soms dat die aarde minder belangrik is. Die aarde sal immers vergaan, nie waar nie – dan gaan ons hemel toe vir ewig? Wel, ja en nee. Ons praat maar van “hemel toe gaan”, maar dis net tydelik, as ons sterf. Die Bybelse visie vir die ewigheid is eintlik op die aarde – nie die sondige, ou aarde nie, maar die “nuwe hemel en die nuwe aarde”. Soos die Here mense nuut maak, so sal Hy ook die aarde nuut maak. Dan sal Hy kom en by ons kom woon, híér! Die punt is dat die aarde vir die mens gemaak is en die mens vir die aarde. DIT is God se plan en DIT verander nie. Die aarde BLY ons woning! Onthou, ons weet nie wanneer die Here weer kom nie. Dit kan spoedig wees of dit kan lank duur. Tot dan moet ons ons woonplek bewaar – vir ons kinders en húlle kinders. Dit sal die Here eer as Hy terugkom en ons getrou bevind – op elke terrein!

Hemelse Vader, dankie vir die wonderlike woonplek wat U aan ons verskaf het. Help ons om gehoorsaam en getrou, respekvol en liefdevol, met die natuur om te gaan. Amen.

Respekteer die natuur, beskerm die aarde!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –