Forum 2.0

3757 God weet Wie Hy is

Werk op 'n maklike manier deur die Bybel! Ons kursus, DEUR DIE WOORD, werk in 45 kort en kleurvolle weeklikse dele deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring. Verstaan die Bybel beter - kry die groot prent! Om meer te lees en die eerste dele af te laai, kliek hier.

Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.” Eks 3:14 NAV

Daar’s ‘n groot verskil tussen iemand met ‘n sterk gevoel van WIE en WAT hy is – en nié is nie – en iemand wat homself nog uitpluis. Die eerste kan makliker “ja” en “nee” sê vir wat die lewe bring, terwyl die tweede onseker is van sy koers. Dis veral in die jong volwassenheid dat ons onsself moet “vind”, maar dis te alle tye nuttig om intensioneel hiermee om te gaan. Dit kan verhoed dat ons rondval en foute maak! As kinders van die Here vind ons ons identiteit IN HOM. HY het geen onsekerheid in WIE en WAT Hy is nie! Op Moses se vraag oor wie hierdie God is wat met hom praat, antwoord die Almagtige dadelik “EK IS WAT EK IS”. God se identiteit setel in sy bestaan en lewe, in sy konstantheid, sy betroubaarheid. Hy IS – dáárop bou al sy ander eienskappe. Wat ‘n les! As ons gevra word WIE ons is, moet ons ook dadelik kan antwoord. Wat sou die antwoord wees?

Ja Here, WIE is ek? Wie is ek in U? Wat is my identiteit? Leer my uit u Woord! Amen.

Soek jou identiteit in die Here!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –