Forum 2.0

3758 Jesus weet Wie Hy is

Werk op 'n maklike manier deur die Bybel! Ons kursus, DEUR DIE WOORD, werk in 45 kort en kleurvolle weeklikse dele deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring. Verstaan die Bybel beter - kry die groot prent! Om meer te lees en die eerste dele af te laai, kliek hier.

Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en  bid, het die hemel oopgegaan en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos ‘n duif op Hom neergedaal.  Daar was ook ‘n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun.  Oor jou verheug Ek My.” Luk 3:21-22 NAV

By Jesus se doop sien ons hoe God Drieënig werk: Jesus in die water, die Gees in die vorm van ‘n duif en die Vader se stem wat sê: JY IS MY GELIEFDE SEUN.  Baie het al opgemerk dat hierdie woorde, aan die begin van Jesus se bediening, sy hele bediening bepaal het. Dit het Jesus se identiteit vasgemaak as SEUN VAN GOD. So het Jesus Homself ook beskou, regdeur sy bediening. Dit help Hom om sy roeping te verstaan. Sy woorde, dade en besluite vloei alles uit sy “Seun-wees”: die Seun doen die wil van die Vader, die Seun sê wat die Vader sê. Die Seun is altyd in verhouding tot die Vader – tot aan die kruis. Hoe wonderlik om so ‘n duidelike identiteit te hê! As ek en jy ook só duidelik ons identiteit in God kan vind, sal ons baie meer doelgerig kan lewe. Onthou: jy is wie HY sê jy is!

Dankie Here, dat ek is wie U sê ek is. Ek vind my identiteit in U! Amen.

Vind jou identiteit in die Here!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –