Forum 2.0

3761 Ek is 'n geliefde

Werk op 'n maklike manier deur die Bybel! Ons kursus, DEUR DIE WOORD, werk in 45 kort en kleurvolle weeklikse dele deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring. Verstaan die Bybel beter - kry die groot prent! Om meer te lees en die eerste dele af te laai, kliek hier.

Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. 1 Joh 4:8-9 NAV

Reg hier aan einde van die Bybel word God so eenvoudig, volkome en finaal beskryf – gedefinieer – soos nêrens elders nie. Dis asof Johannes die hele openbaring oor God saamvat in hierdie woorde: “God is liefde”. Dis die kortste en waarste ding wat ons van God kan sê! Hierdie wonderlike waarheid is egter net die helfte van die prentjie, want liefde eindig nie in die lug nie: ons het nie net lief nie, ons het IETS lief! Liefde gaan oor op ‘n objek. Waarheen gaan God se liefde dan, wie het Hy lief? Wel, volgens Johannes het God ONS lief! Dis ‘n geweldige wete, want daarmee word nie net God gedefinieer nie, maar ook ons. As God dan LIEFDE is, is ons GELIEFDES. Dis die ander helfte van die prentjie! As ons dan oor ons identiteit praat, moet ons – as ons eerste en belangrikste identiteit – onsself as “geliefdes” beskou. Dis ten diepste wie jy is! Sê dit maar honderd maal – en laat dit jou lewe verander!

Dankie Here, dat U my liefhet – onteenseglik en onvoorwaardelik. “Ek is ‘n geliefde!” U liefde het my gevorm en my gered, U liefde stuur my en dryf my. Amen.

Verstaan jouself as God se geliefde!

 Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –