Forum 2.0

3762 Ek is 'n kind van God

Werk op 'n maklike manier deur die Bybel! Ons kursus, DEUR DIE WOORD, werk in 45 kort en kleurvolle weeklikse dele deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring. Verstaan die Bybel beter - kry die groot prent! Om meer te lees en die eerste dele af te laai, kliek hier.

Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie. 1 Joh 3:1 NAV

Die wat Jesus aanvaar as Verlosser, sê Johannes, kan regtens sê dat hulle “kinders van God” is. Hier herhaal hy dat God ons “kinders” noem. Kindwees is ons identiteit! Wat beteken dit? Wel, kindwees beteken dat jy voor God mag ontspan. Kinders is maar net hulleself voor hulle pa! God ken jou reeds van binne en buite – jou deugdes en jou sondes – en het jou lief nes jy is, soos pa’s doen. Kinders is ook vrymoedig by hulle pa – hulle trek aan sy mou as hy met ander praat of loop sommer by sy kantoor in! Kinders leef met die sekerheid dat hulle pa altyd vír hulle is, nooit téén hulle nie. Hulle weet pa sal hulle altyd uithelp, altyd kom haal, altyd red as dit nodig is. Pa sal voorsien, pa sal instaan! ‘n Kind leef met die status wat sy pa het, nie waar nie? Sjoe, watter voorreg, watter vrede om ‘n kind VAN GOD te wees!

Here, maak my identiteit as kind van God in my vas. Laat dit my denke verander, my woorde, my dade – my hele lewe! Amen.

Verstaan jouself as ‘n kind van God!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –