Forum 2.0

3763 Ek is ‘n volgeling

Werk op 'n maklike manier deur die Bybel! Ons kursus, DEUR DIE WOORD, werk in 45 kort en kleurvolle weeklikse dele deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring. Verstaan die Bybel beter - kry die groot prent! Om meer te lees en die eerste dele af te laai, kliek hier.

Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Mat 28:19-20a NAV

God gee my my identiteit, want Hy’t my gemaak! Ek is eerstens God se GELIEFDE – my belangrikste identiteit in Hom. Ek is ook sy KIND, wat my ‘n hoë status en hoë waarde gee. Dan moet ek myself ook as VOLGELING van Jesus sien – ‘n belangrike deel van my identiteit, want dit my help my om die alledaagse lewe te leef. Ons gedrag sal immers kongruent wees aan ons identititeit – ons tree op ‘n sekere manier op, omdat ons ‘n sekere tipe mens is. Ons gedrag bewys wie ons is. As ons dus gedragskeuses in ons lewe moet maak, baseer ons dit op die feit dat ons volgelinge van Christus is. Volgelinge van Christus praat soos Christus praat, doen soos Hy doen, kies wat Hy kies. Al weet ons nie in elke omstandigheid presies hóé Christus sou optree nie,hét ons ‘n identiteit en hét ons ‘n lewensreël: ons is volgelinge wat doen soos die Meester doen. Laat sy Gees jou in elke omstandigheid lei!

Here, my lewensreël is eenvoudig: ek doen wat U gesê het ek moet doen. Help my om dit inderdaad te doen! Amen.

Verstaan jouself as ‘n volgeling!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –