Forum 2.0

3765 ‘n Meer intensionele lewe

Werk op 'n maklike manier deur die Bybel! Ons kursus, DEUR DIE WOORD, werk in 45 kort en kleurvolle weeklikse dele deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring. Verstaan die Bybel beter - kry die groot prent! Om meer te lees en die eerste dele af te laai, kliek hier.

Hoe kan ek so 'n verkeerde ding doen? Ek sal mos teen God sondig! Gen 39:9b NAV

Ons identiteit – wie ek is – is soms moeilik om te definieer. Dikwels is dit duideliker wie ek NIE is nie! As iemand my iets wil laat doen wat ek nie wil nie, kry ek dadelik die gevoel: “dit is nie ék nie!” Dis egter waar dat ‘n sterk gevoel van identiteit ook duideliker grense na vore bring. Ons wil immers kongruent optree aan wie ons is, en wie ons wil wees – soos Josef, wat hier vir Potifar se vrou “nee” sê, omdat hy ‘n Hebreër is wat die Here dien. As jy verstaan wie jy is, kom jou lewe skerper in fokus. Jy weet beter waarvoor om “ja” of “nee” te sê, wat om te doen of te los, wat om te aanvaar of te verwerp. Jy kan jou aktiwiteite en vriende beter kies, jy kan ‘n lewensdoel ontwikkel waarop jy kan fokus. Jy kan meer intensioneel lewe! Stel jy jouself soms teleur? Dan het jy uit karakter opgetree. Kry jou identiteit weer duidelik voor oë – en wees wie jy is!

Here Jesus, help my om meer te word wie ek is en wie ek wil wees. Help my om vir alles “nee” sê wat nie DIT is nie! Amen.

Leef jou identiteit uit!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –