Forum 2.0

3766 God aanvaar jou soos jy is


Is jy op Facebook? Ontvang ons oordenkings daagliks op ons blad "Daaglikse Stilte". Like Daaglikse Stilte en maak seker dat jy nie jou oordenking misloop nie! Kliek hier.

God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Joh 3:16 NAV

Om God se liefde te beskryf het die Bybelskrywers ‘n ou woord met ‘n nuwe betekenis beklee: agape (a-ghá-pê). Agape-liefde beskryf die essensie van liefde – liefde soos wat God het en wat ons, in gebroke vorm, vir mekaar behoort te hê. Wat is hierdie goddelike liefde?

  • Agape-liefde ontspring uit ‘n hart van liefde. God het lief omdat Hy liefde IS! Goddelike liefde stroom na ons toe, eensydig en onophoudelik – of dit teruggegee word of nie. Ons eie liefde gaan egter dikwels aan die wat vir óns liefhet!
  • Agape-liefde is onvoorwaardelik. Dit stel geen voorvereistes of standaarde nie. Dit het die slegste mens lief! Ons eie liefde gaan egter dikwels aan die wat dit “waardig” is, aan die “goeie” mense.

Agape is soos ‘n ouer ‘n kind liefhet. Of die kind nou soet of skuldig is, geprys of gestraf word – ‘n pa of ma het lief bloot omdat dit hulle KIND is. Onthou, hoe oulik of hoe sondig jy nou ook al is: die Hemelse Pa het jou baie lief!

Dankie Vader, vir u eindelose liefde! Dankie dat U my liefhet net soos wat ek is – ek weet dat ek dit nie werklik waardig is of verdien nie. Amen.

Wees só dankbaar vir God se liefde!

 Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –